
Welkom by Junior Akademie se webwerf!
As hoof van die sentrum gebruik ek my jare se ondervinding, as opvoeder sowel as ondernemer, saam met die ondersteuning van toegewyde, talentvolle opvoeders, om 'n unieke opvoedkundige omgewing te skep wat spesiaal vir ons jong kleuters aangepas is.
Junior Akademie is ‘n Christelike sentrum aan die voorpunt van opvoedkundige ontwikkeling van kinders in hulle vroeë kinderjare. Ons leeromgewing voldoen kreatief aan die spesifieke behoeftes van elke kind, terwyl alle kinders saamkom om speel-speel te leer. Ons glo in “playful education”. Hier leer ons kinders om sosiale vaardighede te ontwikkel en om vriendskappe te bou. Ons bied 'n gelukkige en veilige omgewing waarbinne ons kinders opvoedkundige geleenthede binne en buite kan ervaar. Ons bevorder waardes soos hoflikheid, respek en individuele verantwoordelikheid, en bied beide uitdagings en ondersteuning aan ons kleintjies. Met sagte sorg help ons om hul jong gedagtes te vorm om gereed te wees vir die wêreld wat wag. Ons glo dat elke kind moet beweeg, en daarom vind leer speel-speel plaas.
​
Ons bou op ‘n vennootskap tussen kinders, ouers en onderwysers. Deur kwaliteitonderrig, vroeë intervensie en toewyding skep ons die boustene vir sukses wat vir hulle in hul latere jare tot voordeel sal strek. Ek glo vas dat, met die uitstekende personeel van Junior Akademie, u kind geborge sal wees by ‘n huis weg van sy/haar huis.
Voel asseblief vry om te kom kuier en 'n toer van ons skool te neem. Ek sal u graag ontmoet.
Hartlike groete,
Me Lorain du Plessis Smit
Hoof
