top of page

Ons storie

 

Junior Akademie het sy deure in 2009 in die hart van Stellenbosch oopgemaak.   Ons

was baie bevoorreg om in Stellenbosch Sentraal gemeente ons klassies te hê, met ‘n bekwame skoolhoof,  Delia van Wyk, aan die stuur.  Junior Akademie het binne twee jaar van 19 tot 77 kinders gegroei.  Gou het ons uit ons nate gebars. 

Stellenbosch Sentraal gemeente het opdrag gegee aan Sam Pellisier en Chris Stander, in samewerking met Lorain du Plessis Smit, om vir Junior Akademie nuwe klasse te ontwerp.

​

In  2012 het die bouwerk onder leiding van Johann Murray

en Chris Stander begin. 

Ons het in 2013 in ons eerste klaskamers ingetrek en einde 2014 in die

laaste gedeelte van ons pragtige nuwe sentrum.

​

Wat 'n voorreg is dit dat ons, as geregistreerde Christelike

sentrum, vandag 135 kinders en 27 personeel kan

akkommodeer!

 

​

Junior Akademie

Vroeë  Kind Ontwikkeling Sentrum

​

Unielaan 1, Uniepark, Stellenbosch       admin@juniorakademie.co.za        063 732 1166

​

​

bottom of page