
Circle of Security
By Junior Akademie is ons kinders se welstand in geheel ons eerste prioriteit. “Circle of Security” is die basis van ons opvoeding styl. Deel van hierdie styl is om kinders geliefd en geborge te laat voel, deur vir hulle ruimte te skep vir geheel ontwikkeling. Ons laat hulle toe om te ontdek, met die wete dat ons altyd daar is vir hulle, sou hulle ons nodig kry. Deel van hierdie styl is om duidelike grense te stel. Dit help ons kinders om makliker aan te pas en in ‘n roetine te kom. Hulle voel veilig binne hierdie roetine en grense. https://www.circleofsecurityinternational.com/circle-of-security-model/what-is-the-circle-ofsecurity/
​
• JA volg die ELDA kurrikulum Junior Akademie Speel en Leer program. Temas word weekliks op die D6 gelaai.
• Ons oggend-, middag en vakansie programme is beskikbaar op D6.
• Die eerste kwartaal het ons POP IN ‘s. Dit is wanneer mamma/pappa 'n afspraak maak met juffrou. Ons leer ken mekaar beter en praat indien daar iets is wat ons opgemerk het.
• Ouers is ten alle tye welkom om jou maatjie se vordering of enige ander vrae met juffrou te bespreek.
• Tweede kwartaal doen ons 'n Junie verslaggie. Verslaggies word elektronies via epos uitgestuur.
• Derde kwartaal het ons weer POP IN ‘s en dan die vierde kwartaal 'n Desember verslaggie.
• Uitkomste van die klasse is onder bronne op die D6 Connect. • Musiek – Ons Bytjies tot Dolfyne word elke Vrydag bederf met ‘n musiek les deur oom Ronald. • Hou ons D6 dop vir dae wat maats aantrek soos ons temas en spesiale pret dae.
​
Kommunikasie
Ons is ‘n Afrikaanse skooltjie en alle vorm van kommunikasie geskied in Afrikaans. JA se platform van kommunikasie is die D6 Connect App. wat op jou foon en of rekenaar afgelaai kan word. Ons gebruik ons WhatsApp groepie om informele inligting te deel sowel as foto's van aktiwiteite wat die week plaasgevind het.
Indien juffrou met verlof is, is daar 'n aflos wat instaan. Indien die Hoof assistent in die klas siek of met verlof is sal juffrou daardie dag voldag werk. Indien daar enige vrae is wat in daardie tyd gevra moet word kan jul die skool se nommer kontak. (063 732 1166)
Geen juffrou is bereikbaar op hul foon gedurende skool ure nie. Ons is slegs beskikbaar vanaf 12:30 om te reageer op boodskappe. Indien dit dringend is kontak asseblief die skool se foon. Ons vra ook dat ouers ons juffrouens se privaatheid na ure sal respekteer. Hulle het ook huisgesinne wat hulle moet versorg. Ouers moet asb. met ons kommunikeer oor wat by die huis gebeur. Alles is vir ons belangrik, voorbeelde: Ouers wat trek, ouma en oupa wat kom kuier, pappa of mamma wat dalk uitstedig is vir werk, pappa of mamma wat dalk siek is, geboorte van ‘n sibbe ens. Ons motto by JA vir ons kinders is “Handle with care”. As daar iets agter die skerms tuis gebeur, moet ons weet sodat ons kan “Hand wash”. Junior Akademie word bestuur met die welstand van julle kinders as ons eerste prioriteit en ons volg ook riglyne in die Kinderwet en daarom is dit vir ons baie belangrik dat personeel ten alle tyd optree binne hierdie riglyne asook die reël van Junior Akademie. Ons vra dat julle vir ons sal vertrou in hierdie prosesse en ons onderneem, dat as dit julle kinders raak ons ‘n klas vergadering sal reël.