top of page

Welkom by Junior Akademie!
Waar klein hartjies tuis voel en groot drome begin!
By Junior Akademie glo ons dat elke kind uniek, kosbaar en spesiaal is. Ons bied 'n liefdevolle, veilige en Christelike omgewing waar klein maatjies met selfvertroue kan ontdek, speel, leer en groei.
Ons passie is om elke kind se ontwikkeling met liefde, geduld en begrip te ondersteun. Deur spel, kreatiwiteit en betekenisvolle ervarings help ons om 'n stewige grondslag vir die toekoms te lê.
By Junior Akademie is ons meer as net 'n kleuterskool – ons is 'n familie waar elke klein hartjie behoort!
bottom of page